Основной контент книги Die boek van twee weë
Текст

Объем 550 страниц

0+

Die boek van twee weë

автор
Jodi Picoult
Не доступна
В вашей стране эта книга не продаётся. Если у вас включён VPN, отключите его

О книге

In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op 'n vliegtuig wanneer die aankondiging kom: Maak gereed vir 'n noodlanding.

Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – 'n man wat sy 15 jaar tevore in Egipte agtergelaat het. Dawn oorleef die vliegtuigongeluk op wonderbaarlike wyse, maar word daarna deur groot onsekerhede gery.

Sy het 'n goeie lewe in Boston en sy vind vervulling in haar werk as doodsdoula of sterwensbegeleier. Tog kan sy nie help om te wonder wat geword het van Wyatt en sy werk as argeoloog nie. As jong studente het hulle saam opgrawings gedoen totdat Dawn weens 'n persoonlike krisis terug is na Amerika.

Moet sy terugkeer na haar voorstedelike lewe en haar gesin? Of na Egipte gaan om die spoke van die verlede te konfronteer en dalk haar navorsing oor die boek van twee weë, 'n kaart van die antieke Egiptiese onderwêreld, te voltooi?

Soos die verhaal ontvou, moet Dawn antwoorde op talle tergende vrae vind: Wat behels 'n goeie lewe en wat laat ons agter wanneer ons sterf? Hoeveel van ons lewenskeuses is regtig ons eie en hoeveel maak die lewe namens ons?

Войдите, чтобы оценить книгу и оставить отзыв
Книга «Die boek van twee weë» — скачать в epub или читать онлайн. Оставляйте комментарии и отзывы, голосуйте за понравившиеся.
Возрастное ограничение:
0+
Дата выхода на Литрес:
07 ноября 2024
Объем:
550 стр.
ISBN:
9781776190812
Переводчик:
Издатель:
Правообладатель:
Bookwire